Gunshot Blue is ‘n splinternuwe band wat bestaan uit twee brasse – Pepi Dimevski op kitaar en Frans Borman op vocals (die dude van Jetblack Camaro). Hulle eerste single is  “Rocky Road” en is vanaf hulle debut EP, “12396km.” Ons is van mening dat hierdie ouens ‘n moerse lekker gig sal kan gooi saam met Coelecanth (André Kriel, Gareth Wilson en Jaco Mans), so hopelik is daar ‘n collab iewers in die pipeline.

So gepraat van musiek en al daai lekker dinge – Watkykjy het ‘n kraakvars gig guide. Ons het hom vanoggend uitgepomp en sommer op die main menu se navigation gaan vasspyker. Ons update hom so eenkeer per week met gigs vir die daaropvolgende week of twee om julle op hoogte te hou met waar jy kan gaan hol skud, fles vat, soos ‘n kokkelol kan dans en bands kan kokkenodge. Dit het even ‘n nifty kalendertjie waarmee jy jou Google Calendar of iCal mee kan sync (vir die mense met smart phones of kontkoppies met Macs).

Hierso is Gunshot blue se nuwe tune. Gaan tune die maats sommer ‘n hoesit ook op hulle Facebook page.

Original article: Wat Kyk Jy?